Die bekendstelling van Groot Constantia se unieke nuwe Besoekersroete vir Somer 2016/17 word toegeskryf aan die merkwaardige groei van die wynlandgoed se besoekersgetalle. Die voortdurende groei gedurende die afgelope vier jaar het gelei tot meer as 400 000 besoekers tydens 2015 – hierdié groei het die behoefte aangewakker om die Groot Constantia ondervinding vir besoekers te versterk en dus te sorg dat gaste ’n groter en meer persoonlike interaksie kan geniet met die personeel.

Die skepping van Groot Constantia se nuwe Besoekersroete is voorwaar ’n opwindende ontwikkeling vir Suid-Afrika se oudste wynlandgoed wat trots spog met ’n 331-jarige erfenis van ononderbreekte wynproduksie sedert 1685.

Meer oor die Groot Constantia Besoekersroete

Grant Newton, Groot Constantia se Bemarkingsbestuurder, vertel dat die oorspronklike Herehuis die “voordeur” van Groot Constantia sal word; besoekers sal hul Besoekersroete hier begin met die koop van ’n kaartjie wat hul volle toegang sal bied tot al die aanbiedinge op die landgoed. Hierdie enkelkaartjie sal hul die geleentheid gun om die museum, die beroemde Cloete Kelder asook ’n selfbegeleide keldertoer en proe ervaring te geniet.

Nuwe toerisme aanbiedinge beteken verhoogde werkskeppingsgeleenthede

Die Algemene Bestuurder van Groot Constantia, Jean Naudé, sê dat die groei in direkte werkskeppingsgeleenthede by die landgoed ’n aangename neweproduk is van die nuwe Besoekersroete.

Besoek www.grootconstantia.co.za vir meer inligting.