Kaartjies is vinnig aan die verkoop vir die glansrykste wyngebeurtenis in Suid-Afrika – die Wynoes-Gedenksfunksie.

Dié unieke gebeurtenis vind plaas by die Simon’s Restaurant op die Groot Constantia wynlandgoed op Donderdag 5  Februarie 2015.    

‘n Aand van sprankel en glans

“Die Wynoes-Gedenksfunksie is opnuut in die lewe geroep deur die Direksie van Groot Constantia met Naspers se Voorsittersfonds, Die Burger, VinPro en Standard Bank as mede-borge. Dis ‘n aand van sprankel en glans waar wynliefhebbers bymekaarkom op die wynladgoed getooi in hulle beste uitrustings. Gedurende die geleentheid, nou volhartig ondersteun deur die SA wynbedryf, word daar nederig met gebed en toewyding ‘n suksesvolle oesjaar in die vooruitsig gestel.”

“Die res van die program is ‘n genotvolle aand waartydens jonger gaste die geleentheid kry om skouers te skuur met meer ervare geeste in die wynbedryf. Gaste sal bederf word met ‘n overgeetlike driegang-smaakervaring vergesel deur van Groot Constantia se beste wyne. Musikante sal top-klas vermaak verskaf. Alles in Kaapstad se voorste en vreedsaamste bymekaarkomplek. Voorwaar ‘n aand om onthou te word.”

Restaurant Groot Constantia

1659-eremedalje toekenning

Nog ‘n belangrike aspek van die Wynoes-Gedenksfunksie is die verering van ‘n bekende uit die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Die ontvanger van die gesogde 1659-eremedalje sou baanbrekerswerk in die wynbedryf gedoen het waarvan daar daadwerklike en substansiële bewys moet wees. Die pogings van die ontvanger moet prysenswaardig wees en sou ’n besonderse effek op ander gehad het met alle indikasies van ’n spesiale nalatenis. Die Direksie van Groot Constantia het die kriteria vir die toekenning uiteengesit en besluit versigtig oor wie die toekenning verdien uit nominasies gemaak deur die wyn industrie. Die Direksie hoop om met die inisiatief ander aan te moedig en te inspireer om ook ‘n verskil te maak.

Groot Constantia – perfek en gepas

Suid-Afrika is een van slegs ‘n handjievol lande wat ‘n algemeen aanvaarde datum het waarop die wynbedryf begin het. Dit is daarom net gepas dat ‘n geleentheid wat die eerste wyn gemaak op SA bodem op 2 Februarie 1659 vier en voor dankie sê plaasvind by Groot Constantia. Groot Constantia, gestig in 1685 deur die destydse Goewerneur van die Kaap, Simon van der Stel, is Suid-Afrika se oudste wynlandgoed wat hierdie jaar 330 jaar se ononderbroke  wynmaak vier. Dit is ‘n waardige en toepaslike plek vir die Wynoes-Gedenksfunksie.

“Gedurende die 18de eeu het Groot Constantia internasionale erkenning bekom vir die wynlandgoed se uitsonderlike wyne. Nog meer noemenswaardig is dat die verbande voormalige leier van Frankryk, Napoleon, voor sy dood in 1821, elke maand 30 bottels wyn geproduseer in die kelders van Groot Constantia na St Helena, waar hy in gevange gehou was, laat verskeep het,” sê Jean Naudé, Algemene Bestuurder van Groot Constantia.

Kaartjies vir die Wynoes-Gedenksfunskie kos R700 per persoon en maatskappye en/of individue kan tafels vir 8 of 10 mense koop. Vir meer inligting kontak Eunice Joubert op eunicek@agrimega.co.za.

Einde

Uitgegee deur Fusion Design Integrated Brand Agency namens Groot Constantia

Kontak: 0861 321 777

Epos: carmen@fusiondesign.co.za